Leviticus 18:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter, hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie, want hulle is jou eie skaamte.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy mag nie seksuele gemeenskap met jou kleindogter hê nie, of sy nou jou seun se dogter of jou dogter se dogter is, dit sal vir jou oneer beteken.
Afrikaans 1933/1953 Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.
Afrikaans 1983 “Jy mag nie met jou kleindogter gemeenskap hê nie, want sy is jou nageslag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die naaktheid van jou seun se dogter of jou dogter se dogter mag jy nie ontbloot nie – dit is immers jou eie naaktheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy mag nie seks hê met jou kleindogter nie, want dit sal skande bring oor jou naam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy mag ook nie seks hê met jou kleindogter nie, of dit nou jou seun of jou dogter se kind is. Dis jou eie vlees en bloed.