Leviticus 17:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal nie meer hulle offers bring aan duiwels agter wie hulle gehoereer het nie. Dit moet vir hulle 'n ewige insetting wees in hulle geslagte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volk mag nie langer ontrou aan die Here wees deur offers aan bose geeste in die oop veld te bring nie. Dit is ’n permanente vaste reël wat vir geslag na geslag nagekom moet word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan die veldduiwels agter wie hulle aan hoereer nie. Dit moet vir hulle 'n ewige insetting wees vir hulle geslagte. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete mag nooit weer diere slag vir die veldgode en só aan die Here ontrou wees nie. “Hierdie bepaling moet 'n vaste reël wees vir alle toekomstige geslagte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle mag nie weer hulle offerdiere slag vir die •veldgode, agter wie hulle aan hoereer nie. Dit is 'n voorskrif wat altyd geld vir hulle en hulle nageslag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete was voorheen ontrou aan die Here, hulle het hulle offers geslag vir die veldgode. Die Israeliete en hulle nageslag mag dit nooit weer doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Israeliete moenie die rug vir die Here draai en vir gode in die veld offers bring nie. Dit is iets wat geheel en al verbied is vir altyd en altyd. |