Leviticus 17:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet die bloed op die altaar van die HERE by die ingang van die tent van samekoms sprinkel en die vet verbrand as 'n lieflike geur vir die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester moet dan die bloed teen die altaar sprinkel en die vet op die altaar van die Here by die ingang van die tent van ontmoeting brand. Dit sal vir die Here aangenaam wees.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet die priester die bloed teen die altaar van die HERE by die ingang van die tent van samekoms uitgooi en die vet aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.
Afrikaans 1983 Die priester moet die bloed sprinkel teen die altaar van die Here by die ingang van die tent van ontmoeting en ook die vet op die altaar verbrand as 'n offer wat deur die Here aanvaar word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet die bloed teen die altaar van die Here by die ingang van die Tent van Ontmoeting sprinkel en die vet verbrand as 'n aangename geur vir die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet die bloed spat teen die altaar van die Here by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. En hy moet die vet verbrand. Dit sal lekker ruik vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dienaar sal van die dier se bloed teen die Here se altaar by die ingang van die tent sprinkel. Hy sal ook die vet van die offer op die altaar verbrand. Dit is iets waarvan die Here baie hou.