Leviticus 17:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat die kinders van Israel hulle slagoffers wat hulle op die oop veld bring, kan bring, dat hulle dit na die HERE, by die ingang van die tent van samekoms, na die priester kan bring en dit ter vrede bring en offergawes aan die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie reëling sal ’n einde maak aan die Israeliete se gebruik om diere in die oop veld te offer. Dan sal hulle die offers na die priester by die ingang van die tent van ontmoeting toe neem sodat die priester dit as ’n maaltydoffer vir die Here kan bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat die kinders van Israel hulle slagoffers wat hulle gewoon was om op die oop veld te offer, aan die HERE by die ingang van die tent van samekoms na die priester kan bring en dit as dankoffers aan die HERE kan slag. |
| Afrikaans 1983 | Die bedoeling is dat die Israeliete nie meer diere in die veld moet slag nie, maar dit vir die Here moet bring. Hulle moet dit na die ingang van die tent van ontmoeting na die priester toe bring en daar slag as maaltydoffer vir die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is sodat die Israeliete hulle offerdiere wat hulle gewoonlik in die oop veld slag, vir die Here na die ingang van die •Tent van Ontmoeting moet bring, na die priester toe, en dat hulle dit as •maaltydoffers vir die Here moet slag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete moenie die offers in die veld offer, soos hulle voorheen gedoen het nie, hulle moet dit na die Here toe bring. Hulle moet dit bring na die priester by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, en hulle moet dit daar slag om ete-offers vir die Here te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Israeliete moenie hulle offers buite in die veld bring nie. Hulle moet die offers vir die Here na die dienaar by die ingang van die tent bring. Hulle moet hulle goeie gesindheid teenoor die Here wys deur dit daar vir die Here te slag. |