Leviticus 17:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en bring dit nie by die ingang van die tent van samekoms om 'n offer aan die HERE voor die tent van die HERE te bring nie; bloed moet daardie man toegereken word; hy het bloed vergiet; en daardie man sal onder sy volk uitgeroei word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en dit is nie ’n offer vir die Here wat hy na die ingang van die tent van ontmoeting bring nie, is hy skuldig aan bloedvergieting. So ’n persoon het bloed vergiet en moet uit die gemeenskap verwyder word. |
| Afrikaans 1933/1953 | en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan die HERE 'n offer voor die tabernakel van die HERE te bring nie as bloedskuld moet dit die man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet die man uitgeroei word onder sy volk uit; |
| Afrikaans 1983 | en nie by die ingang van die tent van ontmoeting waar hy voor die heiligdom van die Here 'n deel as gawe aan die Here kan gee nie, is skuldig aan bloedvergieting. So iemand het bloed vergiet, en sal van sy volksgenote afgesny word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en wat dit nie na die Tent van Ontmoeting bring om dit vir die Here as offer aan te bied voor die •tabernakel van die Here nie, sal dit teen daardie man as bloedskuld gehou word. Hy het bloed vergiet en daardie man moet heeltemal van sy mense afgesny word.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy moet dit bring na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, en hy moet dit vir die Here offer voor die tempel-tent. Iemand wat dit nie doen nie, is skuldig, hy het 'n bloedsonde gedoen. Hy het bloed laat uitvloei, en julle moet hom afsny van sy volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |