Leviticus 17:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want dit is die lewe van alle vlees; die bloed daarvan is vir sy lewe; daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Die bloed van geen vlees mag julle eet nie; want die lewe van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die lewe van elke dier is in sy bloed. Dit is waarom Ek vir die Israeliete beveel het om nooit bloed te eet of te drink nie, want die lewe van enige voël of dier is in die bloed. Wie dus bloed eet of drink, moet verwyder word. |
| Afrikaans 1933/1953 | want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word. |
| Afrikaans 1983 | Omdat die bloed van enige dier sy lewe is, beveel Ek julle, Israeliete, dat julle géén bloed mag eet nie. Omdat die bloed van enige dier sy lewe is, sal elkeen wat dit eet, doodgemaak word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want dit is elke dier se lewe. Sy bloed is sy lewe, daarom het Ek vir die Israeliete gesê, ‘Julle mag glad nie die bloed van enige dier eet nie, want die lewe van elke dier is sy bloed. Elkeen wat dit eet, sal afgesny word.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die bloed is die lewe van elke liggaam. Daarom sê Ek vir die Israeliete: Julle mag nooit bloed eet nie, en as iemand dit doen, dan moet julle hom afsny van sy volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat die lewe aan die bloed verbind is, het Ek die Israeliete verbied om die bloed van enige lewende wese te drink. Omdat die lewe van alle lewende wesens in hulle bloed is, sal elkeen wat dit drink, uit die volk verwyder word. |