Leviticus 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elke man uit die huis van Israel of van die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat enige soort bloed eet; Ek sal selfs my aangesig rig teen daardie siel wat bloed eet, en Ek sal hom onder sy volk uitroei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sal teen enige Israeliet of vreemdeling wat onder julle woon, draai wat op enige manier bloed eet of drink. Ek sal so ’n persoon uit die gemeenskap verwyder, |
| Afrikaans 1933/1953 | En elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit. |
| Afrikaans 1983 | “Elke Israeliet en elke vreemdeling by julle wat enige bloed eet, sal Ek self straf. Ek sal hom van sy volksgenote afsny. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ As daar enigiemand uit die huis van Israel is, of van die vreemdelinge wat tydelik by hulle woon, wat enige bloed eet, sal Ek teen daardie persoon draai wat die bloed eet en Ek sal hom heeltemal van sy mense afsny. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer 'n Israeliet of 'n vreemdeling bloed eet, dan is Ek téén daardie persoon wat die bloed eet, en julle moet hom afsny van die volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek wil niks te doen hê met enige Israeliet of iemand uit ’n ander land wat die bloed drink van die dier wat hy offer nie. Hy mag nie langer aan my volk behoort nie. |