Leviticus 16:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Aäron moet die bok bring waarop die lot van die HERE geval het, en hom as sondoffer berei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aäron sal die bok wat as ’n sonde-offer geoffer moet word, vir die Here bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei; |
| Afrikaans 1983 | Aäron moet die bok wat vir die Here geloot word, as 'n sondeoffer offer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aäron moet die bok wat vir die Here geloot is, naderbring en as 'n reinigingsoffer offer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron moet dan die Here se bok nader bring, en hy moet dit offer om 'n sonde-offer te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aäron vat dan die bok wat vir die Here geloot is en slag dit om dit vir die volk se sonde te offer. |