Leviticus 16:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan moet hy die twee bokramme vir die Here na die ingang van die tent van ontmoeting bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms. |
| Afrikaans 1983 | Daarna bring hy die twee bokke na die ingang van die tent van ontmoeting toe in die teenwoordigheid van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet die twee bokramme neem en hulle voor die Here by die ingang van die •Tent van Ontmoeting laat staan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna moet hy die twee bokke neem en hy moet hulle voor die Here laat staan by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna moet hy die twee bokke vat wat hy by die volk gekry het en hulle voor die Here by die ingang van die tent laat staan. |