Leviticus 16:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Aäron moet sy sondofferbul wat vir hom is, berei en vir homself en vir sy huis versoening doen.
Afrikaans (NLV) 2011 “Aäron sal dan die bul bring as ’n sonde-offer met die oog op versoening vir homself en sy huis.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen.
Afrikaans 1983 Hy offer dan eers die bul wat vir homself bedoel is as sondeoffer, sodat hy versoening kan doen vir homself en al die priesters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron moet die bul vir die reinigingsoffer wat vir homself bedoel is, naderbring en versoening doen vir hom en sy huis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron moet dan die bul offer, dit is 'n sonde-offer vir sy sondes, en hy moet versoening doen vir homself en vir sy huisgesin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy moet die bul wat hy vir homself gekry het nader bring na die tent toe om dit te offer. Hy sal daarmee vir sy kinders se sonde betaal en vrede maak tussen die Here en sy eie mense.