Leviticus 16:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy moet die heilige linnemantel aantrek, en hy moet die linnebroeke oor sy vlees hê, en hy moet met 'n linnegordel omgord wees, en met 'n linne-tulband moet hy aangetrek word: dit is heilige klere; daarom moet hy sy vlees in water was en dit so aantrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat hy homself van kop tot toon gewas het, moet hy sy linnekleed bo-oor die ander klere teen sy lyf aantrek. Hy moet die linnegordel om sy middel bind en ’n linnetulband op sy kop sit. Dit is sy heilige klere.
Afrikaans 1933/1953 Hy moet 'n heilige linnerok aantrek en 'n linnebroek moet oor sy vlees wees en met 'n linnegordel moet hy hom gord en 'n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.
Afrikaans 1983 Verder moet hy die gewyde klere van 'n gewone priester aanhê oor 'n broek en hy moet 'n serp om sy lyf en 'n tulband op sy kop hê. Dit moet alles gewyde linneklere wees. Hy moet hom was voor hy dit aantrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet 'n heilige priesterrok van linne aantrek, 'n linnebroek oor sy onderlyf dra, hom met 'n linnelyfserp omgord en vir hom 'n linnetulband ombind. Dit is heilige klere. Hy moet sy lyf met water afspoel en dit dan aantrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet die gewyde rok aantrek en hy moet 'n linne-broek dra. Hy moet die linne-belt vasmaak en die tulband op sy kop sit, dit is die gewyde klere. Aäron moet homself bad en hy moet daardie klere aantrek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy moet ook eers gaan was en dan sy spesiale klere aantrek wat hy dra as hy by die tent sy werk doen: die linnehemp, die linnebroek, die gordel wat hy aansit en die hoed wat hy op sy kop dra.