Leviticus 16:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees om een maal in die jaar vir die kinders van Israel versoening te doen vir al hulle sondes. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Om een keer elke jaar versoening te doen vir die Israeliete is ’n permanente wet vir julle.” Moses het al hierdie instruksies wat die Here vir hom gegee het, gevolg.
Afrikaans 1933/1953 En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondes een maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Die versoening vir die sonde van die Israeliete moet 'n vaste instelling wees. Dit moet elke jaar plaasvind.” Aäron het toe gedoen wat die Here vir Moses beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is 'n voorskrif wat altyd vir julle geld: Een keer per jaar moet daar vir die Israeliete versoening gedoen word vir al hulle sondes.” Aäron het toe gedoen wat die Here Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit moet elke jaar gebeur. Die hoëpriester moet versoening doen vir die Israeliete, sodat die Here al hulle sondes sal vergewe.” Aäron het gedoen soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit moet ’n vaste datum op julle kalender wees dat daar een maal elke jaar ’n dag van vergewing van sonde en vrede vir Israel sal wees.” Moses het presies gedoen soos die Here gesê het.