Leviticus 16:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet versoening doen vir die heilige heiligdom, en hy moet versoening doen vir die tent van samekoms en vir die altaar, en hy moet versoening doen vir die priesters en vir die hele volk van samekoms. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | die Allerheiligste plek, die tent van ontmoeting en die altaar reinig en versoening doen vir die priesters en die hele volk. |
| Afrikaans 1933/1953 | en versoening doen vir die Allerheiligste; ook moet hy vir die tent van samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy versoening doen. |
| Afrikaans 1983 | die Allerheiligste, die tent van ontmoeting en die altaar reinig en versoening doen vir die priesters en die hele gemeente. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en vir die Allerheiligste versoening doen. Vir die Tent van Ontmoeting en die altaar moet hy versoening doen. Hy moet ook vir die priesters en al die mense van die geloofsgemeenskap versoening doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy moet versoening doen vir die tempel, vir die gewyde kamer, vir die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, vir die altaar, vir die priesters en vir die hele volk wat daar bymekaar is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en gaan vrede maak in die deel agter die gordyn wat vir die Here afgesonder is. Hy moet gaan vrede maak vir die hele tent waar die Here julle ontmoet en vir die altaar wat voor die tent staan. Hy moet ook vrede maak by die Here vir die mense wat by die tent werk en vir die hele volk. |