Leviticus 16:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester wat hy sal salf en wat hy moet wy om die priesteramp in die plek van sy vader te bedien, moet versoening doen en die linneklere aantrek, naamlik die heilige klere. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die toekoms sal die versoeningshandeling gedoen word deur die gesalfde hoëpriester wat in die plek van Aäron sal dien. Hy sal heilige linneklere aantrek |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester wat gesalf en aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linneklere, die heilige klere, aantrek |
| Afrikaans 1983 | Die priester wat gesalf is en in die plek van sy vader as hoëpriester georden is, moet die versoening doen. Hy moet die gewyde linneklere aantrek, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester wat in die plek van sy vader as priester gesalf en gewy is, moet die versoening doen. Hy moet linneklere aantrek, die klere van die heiligdom, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester wat gesalf is om hoëpriester te wees ná sy pa, moet sy linne-klere aantrek, die gewyde klere. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dienaar wat die Here daarvoor aangestel het en sy seuns wat hom later opvolg in die diens van die Here, moet elke jaar al hierdie dinge doen om vrede met die Here te maak. Hy moet vir dié geleentheid sy spesiale klere aantrek |