Leviticus 16:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit moet vir julle 'n sabbat van rus wees, en julle moet julle siele verdruk volgens 'n ewige insetting.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal ’n Sabbatdag van totale rus wees en julle sal die dag deurbring deur te vas. Dit is ’n permanente wet vir julle.
Afrikaans 1933/1953 'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is 'n ewige insetting.
Afrikaans 1983 Dit moet 'n plegtige rusdag wees, 'n dag waarop julle vas, 'n vaste instelling.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit geld vir julle as 'n buitengewone Sabbat. Julle moet julle verootmoedig. Dit is 'n voorskrif wat altyd geld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie dag moet vir julle 'n spesiale Sabbatdag wees, en julle mag dan nie eet nie. Dit moet altyd so wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is ’n dag vir die Here waarop julle alles net so moet laat staan om te vas en julle voor God te verneder. Dit is ’n afspraak tussen julle en die Here wat vir elke jaar vas staan.