Leviticus 16:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want op dié dag moet die priester vir julle versoening doen om julle te reinig, sodat julle rein kan word van al julle sondes voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Op dié dag sal daar versoening vir julle gedoen word en julle sal van al julle sondes voor die Here gereinig word.
Afrikaans 1933/1953 Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.
Afrikaans 1983 want op dié dag moet daar vir julle versoening gedoen word sodat julle rein kan wees. Julle moet in die teenwoordigheid van die Here gereinig word van al julle sonde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want op daardie dag moet Aäron vir julle versoening doen om julle te reinig van al julle sondes. Voor die Here moet julle rein wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom? Want op hierdie dag moet die hoëpriester vir julle versoening doen en so moet hy julle reinig van julle sonde, sodat julle rein kan wees voor die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op daardie dag word daar vir julle sondes betaal. Julle word vrygemaak van al die skuld van julle sonde en daar kom weer vrede tussen julle en die Here.