Leviticus 16:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy vlees in water bad, en daarna moet hy in die laer ingaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die man wat dit moet verbrand, moet sy klere was en homself in water was voordat hy na die kamp toe terugkeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom. |
| Afrikaans 1983 | Die man wat dit verbrand het, moet eers sy klere en homself was voordat hy na die kamp toe terugkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man wat dit verbrand het, moet sy klere was en sy liggaam met water afspoel. Eers dan mag hy weer in die kamp ingaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die persoon wat dit doen, moet sy klere was en hy moet homself bad, daarna mag hy terugkom in die kamp. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die persoon wat dit verbrand, moet na die tyd eers sy klere en homself was voordat hy weer in die kamp kan terugkom. |