Leviticus 16:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om in die heiligdom versoening te doen, moet iemand buitekant die laer uitbring; en hulle moet hulle velle en hulle vleis en hulle mis met vuur verbrand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die geofferde bul en die bok wat gegee is as sonde-offers, waarvan Aäron die bloed in die Allerheiligste plek ingebring het om versoening vir Israel te doen, moet buite die kamp geneem word om daar verbrand te word. Dit sluit die diere se velle, binnegoed en die mis in. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen in die heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word. |
| Afrikaans 1983 | Die sondeofferbul en die sondeofferbok waarvan die bloed gebruik is om versoening te doen in die Allerheiligste, moet buite die kampplek verbrand word, velle, vleis, pensmis en al. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Die bul vir die reinigingsoffer en die bok vir die reinigingsoffer, waarvan die bloed in die heiligdom ingeneem is om versoening te doen, moet uit die kamp uitgeneem en met vuur verbrand word: hulle velle, hulle vleis en hulle pensmis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron het die bloed van die bul en van die bok wat sonde-offers is, gebruik om versoening te doen in die gewyde kamer. Iemand moet dan die bul en die bok uit die kamp neem en hy moet hulle verbrand, ook die velle en die vleis en die pensmis. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die karkasse van die bul en die bok wat vir die sonde geslag is en waarvan die bloed in die afgesonderde deel agter die voorhangsel gebruik is om vrede te bring moet dan uit die kamp weggevat word. Dit moet met vel, vleis, binnegoed en al daar buite die kamp verbrand word. |