Leviticus 16:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat die bok vir die sondebok laat los het, moet sy klere was en sy vlees in water bad en daarna in die laer ingaan.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die man wat gekies is om die bok as sondebok na die woestyn te vat, moet sy klere was en homself in water bad. Dan mag hy terugkeer na die kamp toe.
Afrikaans 1933/1953 En hy wat die bok vir As sel weggedrywe het, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.
Afrikaans 1983 Die man wat die bok na Asasel toe gejaag het, moet sy klere en homself was voordat hy na die kamp toe terugkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Die man wat die bok vir Asasel losgelaat het, moet sy klere was en sy liggaam met water afspoel. Eers dan mag hy weer in die kamp ingaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die persoon wat die bok weggeneem het na Asasel toe, moet sy klere was en hy moet homself bad. Daarna mag hy terugkom in die kamp.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wanneer die man wat die bok in die woestyn gaan injaag het, terugkom, moet hy eers sy klere en homself gaan was voordat hy weer in die kamp kan ingaan.