Leviticus 16:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet sy vlees in die heiligdom met water was en sy klere aantrek en uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk bring, en vir homself en vir die volk versoening doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan moet hy sy hele liggaam op ’n heilige plek met water gaan was, sy gewone priesterklere aantrek, en weer uitgaan om sowel sy eie brandoffer as die brandoffer vir die volk te offer. Op dié manier sal hy versoening doen vir homself en vir die volk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy moet sy liggaam op 'n heilige plek in die water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen. |
| Afrikaans 1983 | Hy moet hom op 'n gewyde plek gaan was en sy hoëpriesterlike klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en die brandoffer vir die versoening van sy eie sonde bring, asook die brandoffer vir die versoening van die sonde van die volk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sy liggaam met water afspoel op 'n heilige plek en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer vir die volk bring om vir homself en vir die volk versoening te doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy moet homself bad in 'n gewyde plek en hy moet ander klere aantrek. Dan moet hy uitkom en hy moet sy brand-offer offer en ook die brand-offer van die volk. So doen hy versoening vir homself en vir die volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy gaan was hom op ’n plek wat daarvoor eenkant gehou word en trek weer sy gewone klere aan. Hy gaan terug en bring offers wat hy op die altaar verbrand namens homself en die volk. Daardeur word hy en die volk vergewe vir hulle sondes en kom daar weer vrede met die Here. |