Leviticus 16:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Aäron moet in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en moet dit daar laat.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer Aäron die tent van ontmoeting binnegaan, moet hy al die linneklere uittrek wat hy aangehad het toe hy in die Allerheiligste plek ingegaan het. Hy moet die klere daar laat.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet Aäron in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en dit daar neerlê.
Afrikaans 1983 “Aäron moet dan in die tent van ontmoeting ingaan en sy linneklere waarmee hy in die Allerheiligste ingegaan het, uittrek en dit daar neersit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Aäron moet in die Tent van Ontmoeting ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy die heiligdom binnegegaan het. Hy moet dit daar laat,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna moet Aäron kom na die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hy moet die linne-klere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die gewyde kamer ingegaan het en hy moet die klere daar neersit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Aäron gaan dan weer terug na die tent toe. Hy trek die linneklere uit wat hy aangehad het toe hy in die afgesonderde deel agter die gordyn ingegaan het en los die klere daar.