Leviticus 16:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Aäron moet albei sy hande op die kop van die lewende bok lê en oor hom al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge in al hulle sondes bely, en dit op die kop van die bok sit en hom stuur weg deur die hand van 'n fikse man die woestyn in:
Afrikaans (NLV) 2011 Hy moet al twee sy hande op die kop van die bok lê en al die sondes en opstand van die Israeliete daaroor bely. Op dié manier sal hy die volk se sondes op die kop van die bok lê. Dan sal hy die bok die woestyn in jaag, gelei deur iemand wat gekies is vir die taak.
Afrikaans 1933/1953 en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet die op die kop van die bok lê en hom deur 'n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.
Afrikaans 1983 Terwyl hy dan sy twee hande op die kop van die bok lê, moet hy ál die oortredinge en opstandigheid, al die sondes van die Israeliete daar bo-oor die bok bely. Sodoende sal hy die sonde op die kop van die bok oordra. Iemand wat beskikbaar is, moet dan die bok die woestyn injaag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê, en dan oor die bok belydenis doen van al die skuld van die Israeliete, en al hulle oortredings, ja, al hulle sondes. Hy moet die sondes so op die kop van die bok lê en hom dan, deur 'n man wat vooraf aangewys is, die woestyn in stuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet altwee sy hande op die bok se kop sit en hy moet daarop alles bely wat die Israeliete verkeerd gedoen het, al hulle sondes. So moet hy die sondes op die bok se kop sit en dan moet hy 'n persoon stuur wat die bok na die woestyn moet neem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sit albei sy hande op die bok se kop. Terwyl sy hande op die bok se kop is, moet hy alles bely wat Israel verkeerd gedoen het. Hy moet sê hoe moedswillig hulle is en hoe dikwels hulle nie doen wat die Here van hulle vra nie. Hy dra al hierdie verkeerde dinge op die bok oor. Iemand wat daar reg staan, moet dan die bok weglei die woestyn in.