Leviticus 16:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as hy klaar is met die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar, moet hy die lewendige bok bring.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer Aäron klaar is om versoening te doen vir die Allerheiligste plek, die tent van ontmoeting en die altaar, moet hy die lewende bok naderbring.
Afrikaans 1933/1953 En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom;
Afrikaans 1983 “Nadat Aäron die Allerheiligste, die tent van ontmoeting en die altaar gereinig het, moet hy die lewende bok nader bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wanneer die versoening vir die heiligdom, die Tent van Ontmoeting en die altaar afgehandel is, moet hy die lewendige bok naderbring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer hy klaar versoening gedoen het vir die gewyde kamer en vir die tent en die altaar, dan moet hy die bok wat nog lewe, nader bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sodra Aäron die Here se spesiale deel agter die gordyn, asook die tent waar hulle die Here ontmoet en die altaar aan sy voorkant weer vir die Here afgesonder het, moet hy die bok wat nie geslag is nie, nader bring.