Leviticus 16:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Sê met jou broer Aäron dat hy nie altyd in die heiligdom kom, binne-in die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is nie; dat hy nie sterwe nie, want Ek sal in die wolk op die versoendeksel verskyn.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir Moses gesê: “Waarsku jou broer Aäron om nie sommer wanneer hy wil by die Allerheiligste plek agter die voorhangsel in te gaan nie. Die straf hiervoor is die dood. Die deksel van die ark wat die plek van versoening is, is daar en Ek is daar in ’n wolk bo die deksel van die ark.
Afrikaans 1933/1953 en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.
Afrikaans 1983 Hy het vir Moses gesê: “Sê vir jou broer Aäron hy mag nooit sommer in die heiligdom agter die voorhangsel ingaan na die deksel van die verbondsark toe nie. Ek verskyn telkens in 'n wolk bokant die deksel van die ark en as Aäron sommer ingaan, sal hy sterwe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Praat met jou broer, Aäron. Hy mag nie enige tyd in die heiligdom agter die voorhangsel voor die versoendeksel ingaan wat op die ark is nie, sodat hy nie sterf nie, want Ek verskyn in die wolk bo die versoendeksel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir jou broer Aäron sê hy mag nie sommer enige tyd kom in die gewyde kamer agter die gordyn nie. Die kis van die Here is daar en die deksel is op die kis. Hy sal sterf as hy dit doen, want Ek verskyn in 'n wolk bokant die deksel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir Moses gesê: “Jy moet jou broer Aäron waarsku om nie sommer enige tyd daar agter die gordyn in te gaan wat voor die ark hang nie. Hy sal doodgaan. Ek is daar in ’n wolk wat bo die deksel hang.