Leviticus 16:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet van die bloed met sy vinger sewe maal daarop sprinkel en dit reinig en dit heilig van die onreinheid van die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan moet hy sy vinger in die bloed druk en dit sewe keer oor die altaar sprinkel. Op dié manier sal hy die altaar reinig van die onreinheid van Israel.
Afrikaans 1933/1953 en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.
Afrikaans 1983 en met sy vinger van die bloed sewe keer op die altaar sprinkel. So moet hy die altaar reinig van die onreinheid van die Israeliete en dit wy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet van die bloed met sy vinger sewe maal op die altaar sprinkel en dit reinig en heilig, vanweë die onreinheid van die Israeliete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet sewe maal van die bloed teen die altaar spat. So moet hy die altaar reinig en so moet hy die altaar wy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy moet ook met sy vinger sewe keer van die bloed teen die altaar sprinkel. So maak hy die altaar skoon van al die vuilheid van Israel se sonde en skoon vir die Here.