Leviticus 16:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet uitgaan na die altaar wat voor die aangesig van die HERE is, en daarvoor versoening doen; en neem van die bloed van die bul en van die bloed van die bok en stryk dit rondom aan die horings van die altaar.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dan sal Aäron uitgaan om versoening te doen vir die altaar wat in die teenwoordigheid van die Here staan deur van die bloed van die bul en die bok aan elk van die altaar se horings te smeer.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk
Afrikaans 1983 Daarna moet Aäron uitgaan na die altaar toe in die teenwoordigheid van die Here en dit reinig: hy moet van die bloed van die bul en die bokram rondom al die horings van die altaar smeer
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Daarna moet hy uitgaan na die altaar wat voor die Here is en ook daarvoor versoening doen. Hy moet van die bul se bloed en van die bok se bloed neem en dit aan al die horings van die altaar smeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna moet hy uitgaan na die altaar wat voor die Here is en hy moet daarop versoening doen. Hy moet van die bul en die bok se bloed neem en hy moet dit smeer aan die horings van die altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet hy weer uitkom na die altaar toe en ook daar kom vrede maak. Hy vat van die bloed van die bul en van die bok en smeer daarvan reg rondom aan die horings van die altaar.