Leviticus 16:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar mag niemand in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen nie, totdat hy uitgaan en versoening gedoen het vir homself en vir sy huisgesin en vir die hele vergadering van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Niemand word in die tent van ontmoeting toegelaat terwyl Aäron daar besig is om versoening te doen vir die Allerheiligste plek nie. Niemand mag daar ingaan voordat hy nie daar uitgekom het nadat hy versoening gedoen het vir homself, sy huis en vir al die Israeliete nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Niemand anders mag in die tent van ontmoeting wees vandat Aäron ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitgaan nie: hy doen versoening vir homself, die priesters en die hele gemeente Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Geen mens mag in die Tent van Ontmoeting wees wanneer hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen nie, totdat hy uitkom en klaar versoening gedoen het vir homself, sy huis en die hele geloofsgemeenskap van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die tyd wanneer Aäron inkom om versoening te doen in die gewyde kamer en totdat hy weer uitgaan, mag daar niemand anders wees in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn nie. Aäron moet versoening doen vir homself en vir sy huisgesin en vir die hele volk Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van die oomblik af dat Aäron in die Here se deel agter die gordyn ingegaan het om vir hulle vrede by God te maak totdat hy weer daar uitkom, mag niemand anders in die tent kom waar hulle die Here ontmoet nie. “Nadat hy vir homself, sy gesin en die hele Israel vrede gemaak het met die Here, |