Leviticus 16:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk is, en sy bloed in die voorhangsel bring en met daardie bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het, en dit op die versoendeksel sprinkel en voor die versoendeksel: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dan moet Aäron die bok as sonde-offer vir die volk slag en die bloed agter die voorhangsel inbring. Daar moet hy die bloed op die versoendeksel en teen die voorkant van die ark sprinkel, net soos hy met die bloed van die bul gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer Aäron die bokram slag wat as sondeoffer vir die volk bedoel is, moet hy met die bloed agter die voorhangsel ingaan en daarmee doen soos hy gedoen het met die bul se bloed. Hy moet dit sprinkel op die deksel en voor die deksel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Daarna moet hy die bok wat vir die reinigingsoffer van die volk bedoel is, keelaf sny en die bloed agter die voorhangsel inneem. Hy moet met die bloed doen wat hy met die bul se bloed gedoen het en dit op die versoendeksel en ook voor die versoendeksel sprinkel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna moet Aäron die bok slag wat 'n sonde-offer vir die volk is. Hy moet die bloed van die bok neem na agter die gordyn, en hy moet dieselfde doen met die bok se bloed soos hy gedoen het met die bul se bloed. Hy moet die bloed spat teen die voorkant van die deksel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy daarna die bok vir die volk se sonde slag, moet hy ook met daardie bloed agter die gordyn ingaan en daarmee presies dieselfde doen as wat hy met die bul se bloed gedoen het. Hy moet ook daarvan op die grond en teen die deksel spat. |