Leviticus 16:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel na die ooste sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal van die bloed met sy vinger sprinkel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan moet hy sy vinger in die bloed van die bul druk en dit voor die versoeningsdeksel sprinkel en daarna sewe keer teen die voorkant van die ark. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel. |
| Afrikaans 1983 | Hy moet daarna van die bloed van die bul met sy vinger sprinkel op die deksel se voorkant en dan ook nog sewe maal op die grond voor die deksel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet van die bul se bloed neem en dit met sy vinger op die voorkant van die versoendeksel sprinkel. Voor die versoendeksel moet hy met sy vinger sewe maal van die bloed sprinkel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy moet dan van die bul se bloed neem en hy moet dit met sy vinger spat teen die voorkant van die deksel. Hy moet sewe maal van die bloed teen die deksel spat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy vat dan die bloed van die bul wat hy geslag het en sprinkel dit sewe keer met sy vinger teen die voorkant van die versoendeksel en op die grond voor die deksel. |