Leviticus 16:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet die reukwerk op die vuur voor die aangesig van die HERE sit, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan bedek, sodat hy nie sterwe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar in die teenwoordigheid van die Here moet hy die wierook op die gloeiende kole neersit sodat ’n wolk van wierook oor die deksel van die ark kan opstyg. Die deksel van die ark is die plek van versoening en dit rus op die ark van die verbond. As hy hierdie instruksies nakom, sal hy nie sterf nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie. |
| Afrikaans 1983 | Daar in die teenwoordigheid van die Here moet hy dan die wierook op die kole gooi sodat dit 'n rookwolk maak wat die deksel van die ark bedek waarin die getuienis is. Dan sal hy nie sterf nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet die reukwerk voor die Here op die kole gooi. Die wolk rook uit die reukwerk sal die versoendeksel wat oor die Getuienis is, verberg, sodat hy nie sterf nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar moet hy die wierook op die vuurkole sit sodat die wierook 'n rookwolk maak. Die rook sal die deksel toemaak wat op die kis is waarin die tien gebooie is. As die wolk nie die deksel toemaak nie, dan sal Aäron sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer hy daar binne voor die Here die wierook oor die kole strooi, sal daar ’n wolk van die wierook opstyg. Dit sal oor die deksel gaan hang wat op die houer is waarin die getuienis van God se ooreenkoms met sy volk gehou word. Hy sal die deksel glad nie kan sien nie en nie doodgaan nie. |