Leviticus 16:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet 'n wierookpan vol brandende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE neem en sy hande vol fyngestampte reukwerk, en dit binne-in die voorhangsel bring.
Afrikaans (NLV) 2011 moet hy ’n vuurpan vol maak met gloeiende kole van die altaar wat in die teenwoordigheid van die Here staan. Dan moet hy twee hande vol welriekende wierook vat en met die vuurpan en wierook agter die voorhangsel ingaan.
Afrikaans 1933/1953 en die vuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee handevol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring.
Afrikaans 1983 en moet hy 'n vuurpan vol maak met gloeiende kole van die altaar af wat in die teenwoordigheid van die Here staan. Aäron moet ook 'n dubbele handvol fyngestampte wierook vat en daarmee agter die voorhangsel ingaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet die vuurpan neem, vol kole vuur wat van die altaar voor die Here af kom, asook twee hande vol fyngestampte geurige reukwerk, en daarmee agter die voorhangsel ingaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet 'n pan vol vuurkole neem van die altaar voor die Here, en hy moet 'n handvol fyn wierook neem wat lekker ruik. Hy moet dit na agter die gordyn neem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy skep met ’n vuurpan kole wat warm gloei van die altaar af daar voor die Here en vat dit saam met twee hande vol fyngemaalde wierook agter die gordyn in die tent in.