Leviticus 16:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Aäron moet die sondofferbul wat vir hom is, bring en vir homself en vir sy huis versoening doen en die sondofferbul slag wat vir hom is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dan sal Aäron die jong bul as ’n sonde-offer vir homself en sy huis bring. Nadat hy die bul vir die sonde-offer geslag het, |
| Afrikaans 1933/1953 | Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is, |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer Aäron die sondeofferbul offer wat vir homself bedoel is en waarmee hy vir hom en al die priesters versoening doen, moet hy die bul slag |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Nadat Aäron die bul vir die reinigingsoffer wat vir homself bedoel is, nadergebring het om versoening te doen vir hom en sy huis, moet hy die bul keelaf sny as 'n reinigingsoffer vir homself. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron moet dan die bul nader bring wat 'n sonde-offer vir homself is en hy moet versoening doen vir homself en vir sy huisgesin. Hy moet die bul slag wat 'n sonde-offer vir homself is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Hy vat dan die bul wat hy self gebring het en offer dit vir sy sonde, en maak vrede tussen die Here en die mense van sy huis. |