Leviticus 16:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die bok waarop die lot geval het om as sondebok te wees, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gebring word om met hom versoening te doen en hom as sondebok in die woestyn te laat gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die bok wat die sondebok moet wees, moet bly leef. Wanneer die bok die woestyn in gestuur word, sal dit versoening bring vir die volk. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar die bok waar die lot vir As sel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir As sel in die woestyn te stuur. |
| Afrikaans 1983 | Die bok wat vir Asasel geloot is, moet bly lewe. Die bok moet in die teenwoordigheid van die Here bly staan sodat Aäron die versoeningshandeling daarop kan verrig, en daarna moet die bok die woestyn in gestuur word vir Asasel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die bok wat vir Asasel geloot is, moet hy lewend voor die Here laat staan om die versoeningshandeling op hom uit te voer en hom dan vir Asasel na die woestyn te stuur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy moet die bok vir Asasel lewendig voor die Here laat staan sodat hy op die bok versoening kan doen. Dan moet hy die bok vir Asasel in die woestyn stuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ander bok wat bly leef het en weggestuur moet word, bring hy eers voor die Here om daardeur vrede met God te maak voor hy dit wegstuur na die woestyn toe. |