Leviticus 15:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En van haar wat siek is van haar blomme en van hom wat 'n vloeiing het, van die man en van die vrou en van hom wat met haar gemeenskap het wat onrein is.
Afrikaans (NLV) 2011 vir ’n vrou wat menstrueer, vir enigiemand, man of vrou, wat enige soort liggaamlike afskeiding het en ook vir die man wat seksuele omgang het met ’n vrou wat menstrueer.”
Afrikaans 1933/1953 en vir die vrou wat deur haar onreinheid onwel is, en vir die een wat aan 'n vloeiing ly, man of vrou, en vir 'n man wat met 'n onrein vrou gemeenskap het.
Afrikaans 1983 en wanneer 'n vrou menstrueer, dit wil sê enige geval van 'n afskeiding uit die geslagsorgaan van 'n man of 'n vrou en ook wanneer 'n man met 'n onrein vrou geslagsgemeenskap het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) vir 'n vrou wat ongesteld is tydens menstruasie, vir 'n man of vrou met 'n afskeiding, en vir 'n man wat by 'n onrein vrou slaap.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is wat moet gebeur wanneer 'n vrou menstrueer, wanneer daar iets nat kom uit die geslagsorgaan van 'n man of 'n vrou, en wanneer 'n man seks het met 'n vrou wat onrein is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) vir ’n vrou wat menstrueer, vir ’n man of vrou by wie daar onreëlmatige afskeiding is en vir ’n man wat by ’n vrou geslaap het wat menstrueer.”