Leviticus 15:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So moet julle die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder; dat hulle nie in hul onreinheid sterwe as hulle my tent wat onder hulle is, verontreinig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Op dié manier sal jy die volk Israel afsonder van dinge wat hulle onrein maak sodat hulle nie sal sterf omdat hulle my tent van ontmoeting hier in hulle midde verontreinig het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie deur hulle onreinheid sterwe nie deurdat hulle my tabernakel wat in hulle midde is, verontreinig. |
| Afrikaans 1983 | “Julle moet die Israeliete streng laat hou by hierdie reinheidsvoorskrifte, anders sal hulle dalk my heiligdom wat by hulle is, ontwy. As dit gebeur, sal hulle sterwe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Hou die Israeliete weg van dit wat hulle onrein maak, sodat hulle nie deur hulle onreinheid sterf wanneer hulle my •tabernakel wat in hulle midde staan, onrein maak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet keer sodat die Israeliete nie onrein word nie, en sodat hulle nie my tempel-tent wat by hulle is, onrein laat word nie. Want dan sal hulle moet sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle moet die Israeliete waarsku teen hierdie dinge wat hulle van My af weghou sodat hulle nie sommer daar by my tent in die middel van die kamp kom en Ek hulle laat doodgaan nie. |