Leviticus 15:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vir haar versoening doen voor die aangesig van die HERE vir die vloeiing van haar onreinheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester sal dan een as ’n sonde-offer en die ander een as ’n hele brandoffer bring. Op dié manier sal die priester in die teenwoordigheid van die Here versoening doen vir haar menstruele afskeiding.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans 1983 Die priester moet die een as 'n sondeoffer en die ander as 'n brandoffer gebruik om vir haar versoening te doen by die Here oor die onreinheid wat deur die vloeiing veroorsaak is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet die een as 'n reinigingsoffer en die ander as 'n brandoffer bring. So doen die priester voor die Here vir haar versoening vir haar onrein afskeiding.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet die duiwe offer, een duif om 'n sonde-offer te wees en een duif om 'n brand-offer te wees. So moet hy versoening doen vir die vrou nadat sy onrein was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dienaar slag een duif vir die sonde en die ander een verbrand hy op die altaar. So help hy haar om weer voor die Here te kan kom nadat sy vir die tyd van haar menstruasie nie daar welkom was nie.”