Leviticus 15:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal sy onreinheid in sy vloei wees: of sy vlees met sy vloeiing loop, of sy vlees van sy vloei opgehou word, dit is sy onreinheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Die onreinheid is van toepassing ongeag of die afskeiding aanhou of ophou. In elke geval is die man onrein.
Afrikaans 1933/1953 En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog laat loop of sy vlees verstop raak van die vog dit is 'n onreinheid in hom.
Afrikaans 1983 Hy is self ook onrein solank die afskeiding duur. Of dit nou 'n aanhoudende of 'n periodieke afskeiding is, dit maak hom onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en dit maak hom ook onrein solank die afskeiding duur. Of die afskeiding nou by sy geslagsorgaan uitvloei, en of sy geslagsorgaan verstop raak vanweë die afskeiding, dit maak hom onrein.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man is onrein wanneer daar iets nat uit sy geslagsorgaan kom, wanneer dit aanhou uitloop én wanneer dit partymaal stop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Of sy afskeiding nou iets is wat vloei en of dit gestol het in sy geslagsdeel, dit is nie vir My aanvaarbaar nie.