Leviticus 15:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Elke bed waar sy al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar wees soos die bed van haar skeiding; en alles waarop sy sit, sal onrein wees soos die onreinheid van haar skeiding.
Afrikaans (NLV) 2011 Enigiets waarop sy lê of sit gedurende dié tyd, sal onrein wees, net soos in die geval van haar normale menstruasieperiode.
Afrikaans 1933/1953 Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haar maandelikse onreinheid verontreinig is.
Afrikaans 1983 Net soos met menstruasie is enige bed waarop sy lê of enigiets waarop sy gedurende dié tyd sit, onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Enige bed waarop sy gedurende haar afskeiding lê, is soos die bed waarop sy tydens haar menstruasie lê, en enigiets waarop sy sit, is ook onrein soos wat dit sou wees tydens die onreinheid van haar menstruasie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke bed waarop sy lê en elke ding waarop sy sit, sal onrein word, soos wanneer sy menstrueer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos tydens haar menstruasie is enige bed waarop sy lê en enige stoel waarop sy sit, in hierdie tyd ook onbruikbaar.