Leviticus 15:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as 'n vrou 'n vloeiing van haar bloed het baie dae uit die tyd van haar skeiding, of as dit verby die tyd van haar skeiding loop; al die dae van die vloeiing van haar onreinheid moet wees soos die dae van haar skeiding; sy sal onrein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As die menstruele bloedvloeiing vir baie meer dae aanhou as wat normaalweg die geval is, of as daar ’n afskeiding van bloed buite haar menstruasieperiode is, is so ’n vrou onrein so lank as wat die afskeiding aanhou. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as 'n vrou lank 'n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloei oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrein. |
| Afrikaans 1983 | “As 'n vrou 'n bloedvloeiing het buite haar menstruasietyd of as die bloedvloeiing tydens menstruasie abnormaal lank aanhou, is sy onrein solank die bloedvloeiing duur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Indien dit sou gebeur dat 'n vrou buite die tyd van haar menstruasie vir 'n lang tyd bloei of dat sy langer as haar menstruasie bloei, is sy onrein vir die duur van haar onrein afskeiding soos wanneer sy menstrueer: Sy is onrein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer daar bloed uit 'n vrou kom in 'n tyd wanneer sy nie menstrueer nie, of as die bloed aanhou uitkom nadat sy gemenstrueer het, dan is sy onrein so lank soos die bloed uitkom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As ’n vrou ongereeld is en buite haar gewone tyd menstrueer, of dit hou tydens die normale tyd buitengewoon lank aan, is sy vir hierdie tyd ook uitgesluit. |