Leviticus 15:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as iemand enigsins by haar gemeenskap het en haar blomme op hom is, sal hy sewe dae lank onrein wees; en die hele bed waarop hy lê, sal onrein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n man gedurende dié tyd seksuele omgang met haar het, word haar menstruele onreinheid op hom oorgedra. Hy is dan onrein vir sewe dae en enige bed waarop hy lê, sal onrein wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as 'n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees. |
| Afrikaans 1983 | As 'n man dit sou waag om met haar geslagsgemeenskap te hê, word haar onreinheid op hom oorgedra en is hyself ook sewe dae onrein. Enige bed waarop hy lê, is ook onrein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As 'n man tog met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees. Enige bed waarop hy lê, sal ook onrein wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer 'n man seks het met 'n vrou wat menstrueer, dan word hy ook onrein vir sewe dae, en elke bed waarop hy lê, word onrein. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ’n man gedurende haar maandstonde by haar slaap, affekteer dit hom ook en mag hy vir sewe dae nie naby die Here se tent kom nie. Selfs die bed waarop hy dan slaap, word ook onbruikbaar. |