Leviticus 15:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en hom in die water bad en tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011 As jy aan haar bed raak, moet jy jou klere was en bad in water en sal jy tot die aand toe onrein bly.
Afrikaans 1933/1953 En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
Afrikaans 1983 [21-22] Enige persoon wat aan haar bed raak of aan iets waarop sy gesit het, moet sy klere was en hom bad. Hy is die res van die dag onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en homself met water afspoel. Hy is tot die aand onrein.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [21-23] Elkeen wat raak aan die bed of die stoel of iets waarop die vrou gesit het, moet sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [21-22] Enigeen wat aan die bed raak waarop sy slaap of aan iets vat waarop sy gesit het, moet sy klere en homself gaan was. Hy mag self vir die res van daardie dag nie naby die Here kom nie.