Leviticus 15:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En alles waarop sy in haar skeiding lê, sal onrein wees; ook alles waarop sy sit, sal onrein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Enigiets waarop sy gedurende dié tyd lê of sit, sal onrein wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees. |
| Afrikaans 1983 | Enigiets waarop sy lê of sit gedurende die sewe dae, is onrein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Enigiets waarop sy gedurende die tydperk van haar onreinheid lê, is onrein en enigiets waarop sy sit, is onrein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Enige iets waarop die vrou lê terwyl sy menstrueer, word onrein, en elke ding waarop sy sit, word onrein. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Enigiets waarop sy slaap of waarop sy sit terwyl sy menstrueer, kan nie verder gebruik word nie. |