Leviticus 15:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as 'n vrou 'n vloeiing het, en haar vloeiing in haar vlees bloed is, moet sy sewe dae lank afgesonder word; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer ’n vrou menstrueer, is sy vir sewe dae lank onrein. As jy aan haar raak gedurende dié tyd, is jy onrein tot die aand toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as 'n vrou 'n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees. |
| Afrikaans 1983 | “Met 'n normale menstruasie is 'n vrou sewe dae onrein. Enigiemand wat aan haar raak, is die res van die dag onrein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Wanneer 'n vrou 'n afskeiding het en die afskeiding is bloed uit haar liggaam, is die tydperk van haar onreinheid sewe dae. Elkeen wat aan haar raak, is onrein tot die aand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer 'n vrou menstrueer, dan is sy sewe dae lank onrein. Elkeen wat aan haar raak, is onrein tot die aand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer ’n vrou menstrueer, mag sy vir sewe dae nie by die Here se tent kom nie. As iemand aan haar raak, mag hy ook nie by die Here se tent kom vir die res van die dag nie. |