Leviticus 15:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook die vrou met wie 'n man gemeenskap het met geslagsaad, hulle moet hulle albei in water bad en tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Na seksuele omgang moet beide die man en vrou bad en sal hulle onrein bly tot die aand toe.
Afrikaans 1933/1953 En wat die vrou aangaan met wie 'n man vleeslike gemeenskap het altwee moet 'n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans 1983 Wanneer 'n man en 'n vrou geslagtelike omgang gehad het, moet altwee bad. Hulle is die res van die dag onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer 'n man met 'n vrou gemeenskap het en saad stort, moet hulle hulle met water afspoel. Hulle is onrein tot die aand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n man by 'n vrou slaap en daar kom saad uit sy geslagsorgaan, dan moet hulle altwee bad. Hulle is onrein tot die aand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na ’n man en ’n vrou saam geslaap het, moet al twee hulleself was. Hulle mag vir die res van die dag nie by die Here se tent kom nie.”