Leviticus 15:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elke kledingstuk en elke vel waarop die saad van paring is, moet met water gewas word en tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Enige kledingstuk of leer waarop die saad stort, moet gewas word en sal tot die aand toe onrein bly.
Afrikaans 1933/1953 Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe onrein.
Afrikaans 1983 Enige linne of leer waarop die saad kom, moet ook gewas word en is die res van die dag onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Enige kledingstuk en enige leervoorwerp waarop daar saad is, moet met water afgespoel word en sal tot die aand onrein wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet die klere of vel was waarop die saad gekom het. Hy is onrein tot die aand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enige klere of stuk leer waarop sy semen beland het, moet gewas word. Dit kan vir die res van die dag nie weer gebruik word nie.