Leviticus 15:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE gaan by die ingang van die tent van samekoms en dit aan die priester gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe bring en voor die Here by die ingang van die tent van ontmoeting kom en sy offers vir die priester bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE kom, by die ingang van die tent van samekoms, en die aan die priester gee; |
| Afrikaans 1983 | Op die agste dag moet hy met twee tortelduiwe of twee ander duiwe na die ingang van die tent van ontmoeting toe gaan en hulle in die teenwoordigheid van die Here vir die priester gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en wanneer hy voor die Here by die ingang van die •Tent van Ontmoeting aankom, moet hy dit vir die priester gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op die agste dag moet die man twee tortelduiwe of twee makduiwe neem en hy moet gaan na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Hy moet die duiwe daar voor die Here vir die priester gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die agtste dag gaan hy na die Here toe. Hy gaan na die ingang van die tent waar hy die Here kan ontmoet. Hy vat twee tortelduiwe of gewone duiwe saam en gee dit vir die dienaar by die tent. |