Leviticus 15:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wanneer hy wat 'n vloeiing het, van sy vloei gereinig word; dan moet hy vir hom sewe dae tel vir sy reiniging, en hy moet sy klere was en sy vlees in lopende water bad, en hy sal rein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As die man met ’n afskeiding gesond word, moet hy vir sewe dae lank wag. Dan moet hy sy klere was en in vars fonteinwater bad. Dan sal hy rein wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel nsy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees. |
| Afrikaans 1983 | “As 'n man wat 'n afskeiding het, gesond word, moet hy sewe dae wag voordat hy rein verklaar kan word. Hy moet sy klere was en hom in lopende water bad. Daarna is hy rein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Wanneer die man met die afskeiding skoon is van sy afskeiding, moet hy self sewe dae vir sy reiniging aftel. Hy moet sy klere was en sy liggaam met lopende water afspoel. Dan is hy rein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer daardie man gesond geword het, dan moet hy sewe dae wag. Daarna moet hy sy klere was en hy moet homself bad in vars water, dan sal hy rein wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Van die dag dat die man se afskeiding opgehou het, moet hy sewe dae aftel. Hy moet dan sy klere was. Hy moet ook homself in lopende water gaan was. Dan mag hy weer voor die Here by sy tent kom. |