Leviticus 15:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die voorwerp van die aarde wat hy aanraak wat die vloeiing het, sal stukkend geslaan word, en elke hout voorwerp sal met water afgespoel word.
Afrikaans (NLV) 2011 Enige kleipot waaraan die man met ’n afskeiding geraak het, moet gebreek word en enige houtartikel waaraan hy geraak het, moet met water afgespoel word.
Afrikaans 1933/1953 Ook die erdegoed waar hy aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word.
Afrikaans 1983 Alle kleipotte waaraan die man raak wat die afskeiding het, moet gebreek word, maar gebruiksartikels van hout moet afgespoel word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Kleipot waaraan die man met die afskeiding raak, moet gebreek word, en elke houtvoorwerp moet met water afgespoel word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet 'n kleipot breek as daardie man aan die kleipot geraak het. As hy aan iets raak wat gemaak is van hout, dan moet julle dit was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enige kleipot waaraan hierdie man vat, moet stukkend gebreek word. Enige houtbak waaraan hy vat, moet met water uitgespoel word.”