Leviticus 15:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elkeen wat hy aanraak wat die vloeiing het en sy hande nie in water afgespoel het nie, hy moet sy klere was en hom in die water bad en tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011 As die man aan jou raak sonder om eers sy hande te was, moet jy jou klere was en in water bad en sal jy onrein wees tot die aand toe.
Afrikaans 1933/1953 En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, die een moet sy klere was en 'n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein.
Afrikaans 1983 Enigiemand aan wie 'n man met 'n afskeiding raak sonder dat hy sy hande eers afgespoel het, moet bad en sy klere was. Hy is die res van die dag onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elkeen aan wie die man met die afskeiding raak sonder dat hy sy hande gewas het, moet sy klere was en homself met water afspoel. Hy is tot die aand onrein.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As daardie persoon nie sy hande afgespoel het nie en hy raak aan 'n ander persoon, dan moet die ander persoon sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Elkeen aan wie hierdie man raak terwyl hy nog nie sy hande gewas het nie, sal ook vir die res van die dag onrein vir My wees. Daardie persoon moet sy klere gaan was en ook homself.