Leviticus 15:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En elkeen wat aan iets raak wat onder hom was, sal tot die aand toe onrein wees;
Afrikaans (NLV) 2011 As jy aan enigiets wat onder hom was, raak of dit dra, moet jy jou klere was en in water bad en sal jy onrein wees tot die aand toe.
Afrikaans 1933/1953 En elkeen wat aan iets raak wat onder hom is, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en 'n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.
Afrikaans 1983 en elkeen wat aan iets raak waarop die man gesit het, is die res van die dag onrein. Enigiemand wat iets optel waarop die man gesit het wat die afskeiding het, moet bad en sy klere was. Hy is die res van die dag onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en elkeen wat raak aan iets wat onder hom was, is tot die aand onrein. Iemand wat dit optel, moet sy klere was en homself met water afspoel. Hy is tot die aand onrein.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke persoon wat raak aan iets waarop daardie man gesit het, moet sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enigiemand wat raak aan iets waarop hierdie man gesit het of dit ronddra, word ook onaanvaarbaar vir die res van die dag. Hy moet sy klere en homself gaan skoonmaak.